Hoe om ‘n afskopsessie te fasiliteer vir ‘n groep vroue wat belangstel om verhoudings te bou met nuwe of swanger ma’s

Bou 'n verhouding met 'n nuwe ma gedurende die 1ste 1000 dae

<

Kliek regs en kies “save image” of maak jou eie agenda. Kyk na Canva.com as jy hulp nodig het om dit te laat mooi lyk. Jy kan van ons illustrasies hier aflaai as jy dit nodig het.

Nadat jy almal gegroet en bedank het vir hulle teenwoordigheid, vertel hulle dat jy wil begin deur vir hulle ‘n video te wys wat duidelik illustreer waarom die ondersteuning van nuwe ma’s krities is – veral vir ons in Suid Afrika.

Wys die “Wat gaan die volgende ware verandering bring?” video (sien wenk 2 hieronder).

As hulle dit reeds gesien het, kan jy eerder die “Cape Town Embrace video: Kathryn and Thomisa” wys (sien wenk 2 hieronder).

Verwys na die inleidende inligting oor die Eerste 1000 Dae en watter ma’s ons ondersteuning meest nodig het om ‘n gesprek te hê oor hoekom die ondersteuning van nuwe ma’s so krities is vir Suid-Afrika op die oomblik.

Nadat julle die video gekyk het hoor of enige iemand kommentaar het en bespreek. Al is dit duidelik hoekom dit so belangrik is om sulke ondersteunende verhoudings te begin, kan dit initimiderend wees om ‘n verhouding met ‘n vreemdeling te begin. Vra nou vir elke dame om te vertel wat haar na die sessie toe gebring het – hoekom oorweeg sy om so ‘n verhouding aan te pak?

Julle doel vir die sessie is vir elke persoon om seker te maak dat ‘n ma-tot-ma verhouding werklik iets is wat sy wil aanvat; en om ‘n plan van aksie te ontwikkel om die verhoudinge te loods.

Verskaf volgende ‘n vinnige verduideliking van hoe dit werk om ‘n ma-tot-ma verhouding te begin. Kyk hierso vir ‘n kort opsomming en bestudeer “Step 3” van ons web-riglyn om voor te berei.  Verskaf ‘n uitdruk van al die nodige informasie as jy kan (sien wenk 1 hieronder).

Die aktiwiteit wat die meeste tyd gaan vat in julle sessie is om seker te maak dat julle kop- en hartspasie reg is om so ‘n verhouding te begin en te ontwikkel.

Dit mag nou ‘n goeie tyd wees om koffie/tee te bedien wat geniet kan word terwyl julle die videos kyk wat aanbeveel is vir die volgende deel van die sessie.

Begin deur die video van Chimanda Adichie – the danger of a single story te wys (sien wenk 2 hieronder).

Vrae en punte vir oordenking: Waarom was dit belangrik om hierdie video te kyk? Ons het enkel stories oor mekaar in Suid Afrika en min geleentheid om te leer oor die rykheid van mekaar se lewens. As ons hierdie verhouding begin, onbewus van die enkel stories wat ons het kan ons interaksie maklik neerbuigend en veroordelend wees. Dit verminder dan ons kanse om werklik in verhouding te staan met die ma. Ons moet die brug oorsteek van om eintlik net met ons ‘idees’ van ‘n ander persoon te interakteer tot om werklik met die wese van ‘n ander persoon in verhouding te staan.

Volgende wys die video van Hedy Schleifer – the power of connection (sien wenk 2 hieronder).
 

Vrae en punte vir oordenking: Hierdie video is vol waardevolle punte en praktiese raad oor hoe ons verby ons idees van iemand kan kom om werklik met hulle te konnekteer. Wat was party van die punte wat vir julle uitgestaan het in die video? Jy kan die teks vir hierdie video hier aflaai en deel met diegene wat graag wil hê.

Nota: Kyk die voorgestelde videos in voorbereiding vir die sessie.

Elke dame behoort nou min of meer te weet of sy betrokke wil wees of nie, sy kan jou laat weet van haar besluit na die tyd (sien wenk 3 hieronder).  Vir die wat voortgaan is die volgende stap om ‘n plan te ontwikkel wat uitlê hoe julle belangstellende swanger/nuwe ma’s gaan identifiseer en ontmoet.  Bestudeer die opsies verskaf in “Step 2” en besluit as ‘n groep hoe julle dit wil benader en wie sal verantwoordelikheid vat vir wat. ‘n Whatsapp groepie sal dit vir julle maklik maak om dinge saam te reël.

Gebruik die informasie en hulpbronne verskaf in “Step 3” om deur die proses vir ‘n eerste ontmoeting met ‘n swanger/nuwe ma te werk (sien wenk 1 hieronder).

Nadat elkeen of meeste van die ma’s in die groep hul eerste ontmoeting gehad het met ‘n nuwe ma, moet julle groepie weer ontmoet om mekaar te ondersteun. Voel vry om enige voorgestelde program metdologie aan te pas soos wat werk vir julle groep en onstandigede.

Wenk 1:

As jy nie kan beskostig om vir almal afskrifte van dokumente te druk nie, vra vir elke dame of sy bereid sal wees om ± R 15 by te dra vir ‘n swart en wit kopie van ons riglyn en hulpbronne (skryf aan communications@dgmt.co.za vir ‘n elektroniese kopie – ook in Afrikaans beskikbaar!).

Wenk 2:

 Jy kan skryf aan communications@dgmt.co.za vir webskakels om hoë resolusie kopië van die video af te laai wat jy vanaf jou hardeskyf kan speel.

Wenk 3:

Daar is niks fout as iemand nie kans sien nie, dit kan ‘n persoon emosioneel tap, mens moet in die regte spasie in jou eie lewe wees om dit te kan aanpak.  As iemand nie kans sien vir so ‘n verhouding nie, kan hulle altyd help om kinders lief te maak vir lees – kyk hier vir idees.

Wenk 4:

Kliek hier om ‘n generiese uitnodiging vir ‘n afskopsessie af te laai wat jy kan stuur deur Whatsapp aan dames wat belangstel.

Vertel ons asseblief van julle groep hier: communications@dgmt.co.za en “like” die “Cape Town Embrace Facebook bladsy”om deel te word van ‘n netwerk van mense wat swanger en nuwe ma’s ondersteun.

SUPPORT A MOTHER